Subscribe by Email

Twis oor eilandjies knou Japan se ekonomie

Japan se handelsoorskot is veel kleiner as wat verwag is, volgens syfers wat vandag gepubliseer is. Die twis met China oor die onbewoonde eilandjies wat Diaoyu in China, en Senkaku in Japan genoem word, word deels vir die afname geblameer.

Die handelsoorskot was nou sowat 5 miljard euro, 70 persent laer as ‘n jaar tevore.

China was in die eerste ses maande van die jaar die bestemming van sowat 18 persent van Japan se uitvoere. Sedert die begin van September het dit egter skerp afgeneem. In Oktober het Toyota ‘n 49 persent afname in verkope in China beleef, en Mitsubishi meer as 60 persent.

 

 Foto: Reuters

Herman Toerien