Subscribe by Email

Twintig20-wêreldreeks

windiesDie Wes-Indies het hulle plek in die halfeindstryd van die Twintig20-wêreldreeks verseker toe hulle gisteraand in Nagpur die Proteas met drie paaltjies afgeransel het. Die Suid-Afrikaners se kanse om verder te vorder is uiters skraal omdat hulle ook teen Engeland met twee paaltjies verloor het. Faf du Plessis se manne hoop nou dat Engeland vandag die span van Sri Lanka sal verslaan. Dit sal die Proteas die geleentheid gee om Sri Lanka in Maandag  se wedstryd te klop. In vandag se eerste wedstryd kom die onoorwonne Nieu-Seelanders teen Bangladesj, wat reeds uitgeskakel is, te staan.