Subscribe by Email

Twintig20-Wêreldbekertoernooi halfeindstryd

PAGE-SPORTS-CRICKETT20GAYLE-01-SLIDERDie Wes-Indiese Eilande se mokerman, Chris Gayle, sê hy mik na ‘n hoë telling in môre se halfeindstryd teen die gasheer in die Twintig20-Wêreldbekertoernooi in Indië. Albei spanne het drie van hulle vier groepswedstryde gewen. Gayle sê die wedstryd teen die gasheer is die perfekte geleentheid om voort te bou op sy vertoning teen Engeland waar hy ‘n honderdtal van net 47 balle aangeteken het.