Subscribe by Email

Twintig-20 Wêreldbeker

dhoni_660_032814060155Die Twintig-20 Wêreldbeker gasheerland het hulle eerste oorwinning van die toernooi behaal toe hulle Pakistan in Kolkata met ses paaltjies geklop het. Dit het het gedurende die wedstryd gereën en dit is tot 18 boulbeurte per kant verminder. Pakistan het eerste gekolf en het 118 vir 5 aangeteken. Shoaib Malik het 26 lopies aangeteken en Umar Akmal 22. Die grootste poging het egter gekom van Indië se Virat Kohli gekom, wat 55 lopies nie uit van 37 balle aangeteken het. Dit het die gasheerland se telling na hulle teiken van 119 lopies in 15,5 boulbeurte opgeskuif.