Subscribe by Email

Tweede agtereenvolgende honderdtal

taylor2Nieu-Seeland het die derde eendagwedstryd teen Engeland in Southampton met drie paaltjies gewen en loop nou met twee-een voor in die reeks van vyf wedstryde.

Engeland is in die 46ste boulbeurt vir 302 lopies uitgehaal en Nieu-Seeland het geantwoord met 306 vir sewe met ses balle oor.

Kane Williamson het 118 lopies van net 113 balle geslaan en Ross Taylor het sy tweede agtereenvolgende honderdtal aangeteken en is vir 110 lopies uitgehaal.