Subscribe by Email

Twee veranderings aan die Bokspan vir die toets teen die All Blacks

lockAfrigter Allister Coetzee het twee veranderings aan die Springbokke se beginspan gemaak vir oormôre se Kampioenskapstoets teen die All Blacks in Christchurch. Pieter-Steph du Toit vervang die beseerde Lood de Jager op slot en Vincent Koch speel loskopstut in Lourens Adriaanse se plek. Die flank Francois Louw speel in sy vyftigste toets en die vleuel Bryan Habana in sy 120ste.

Die beginspan is: Johan Goosen, Habana, Jesse Kriel, Juan de Jongh, Francois Hougaard, Elton Jantjies, Faf de Klerk, Warren Whiteley, Oupa Mohojé, Louw, Du Toit, Eben Etzebeth, Koch, kaptein Adriaan Strauss en Beast Mtawarira. Die plaasvervangers is Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Lourens Adriaanse, Franco Mostert, Willem Alberts, Jaco Kriel, Morné Steyn en Damian de Allende.

3 Responses to Twee veranderings aan die Bokspan vir die toets teen die All Blacks

  1. johan

    September 17, 2016 at 3:53 am

    Asseblief haal die springbok af van die trui – Ek wil hulle onthou van die dae toe hulle die beste was – nie n snert ontwikkeling span waaroor die wereld lag nie.

  2. Koos

    September 16, 2016 at 11:27 am

    Te veel politieke inmenging maak die spelers geestelik onfiks. Sal die SARU base asb ophou vir die ANC luister asook om op te hou om in die ANC se g#t te kruip, snert man!!

  3. Koos

    September 16, 2016 at 7:01 am

    Kan die Bokke nie meer met durf en daad speel sonder foute soos van ouds? Ons breek en bou, breek en bou. Kan die gebou nie net eenmalig stewig staan met vierjaarlikse opknappings nie?