Subscribe by Email

Twee miljard mense in Afrika suid van die Sahara teen 2050

‘n Bevolkinsontploffing lê vir Afrika suid van die Sahara voor, aldus die Wêrelbevolkingstigting.

Waar dié gebied nou sowat 883 mense het, sal dit teen 2025 na verwagting tot 1,24, en teen 2050 tot 2 miljard toeneem. Die ganse Noord-Amerika sal dan na verwagting 470 miljoen mense hê, terwyl Europa se bevolking van die 740 nou tot 725 sal afneem.

Ethiopië, wat gereeld onder hongersnood deurloop, sal na verwagting die tweede land, na Nigerië, wees wat die 100 miljoen inwonerskerf oorskry. Die bevolking staan nou op 87 miljoen, en sal teen  2050 na verwagting 173 miljoen beloop.

Nigerië se huidige bevolking word op 162 miljoen geskat, en sal teen 2050 433 miljoen beloop.

Afrika se aanwas is in die meeste lande bo 2 persent per jaar, maar in enkele state bo 3 persent, en in die geval van Niger 3,6 persent.

Niger se aanwas per jaar is 48 kinders per 1 000 inwoners, teenoor dié van Duitsland met 8 per 1 000. In Nigerië is dit 41, en in Kenia 37.

Die stigting meen Afrika het oor die afgelope 20 jaar baie ontwikkel, maar dat die aantal armes tot 100 miljoen gestyg het.  

Bron: Berliner Umschau

Volledige verslag by http://www.berlinerumschau.com/news.php?id=57686&title=Bev%F6lkerungsprognose%3A+In+Schwarzafrika+leben+bald+2+Milliarden+Menschen&storyid=1001342685783

 

Foto: UNHCR

Herman Toerien