Subscribe by Email

Twee kampusse in KwaZulu-Natal word gesluit weens studente-betogings

Protest-at-UKZN_PDie Pietermaritzburgse kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal en die Mangosuthu-Universiteit van Tegnologie in Durban is gesluit weens studente-betogings. Die studenteliggaam SAUS sê sy lede kan nog kampusse in die land tot stilstand dwing uit verset teen ‘n aanbeveling dat universiteitsfooie volgende jaar in ooreenstemming met die inflasiekoers moet styg. Die studenteraad van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg eis ‘n moratorium op alle verhogings tot gratis gehalte-onderrig deurgevoer is.