Subscribe by Email

Twee jaar geheime inligting verskaf

chuckDie voormalige lid van die Internasionale Sokkerfederasie se uitvoerende komitee, Chuck Blazer, het sowat twee jaar lank in die geheim inligting oor ongerymdhede in Fifa aan die owerhede verskaf voordat hy in 2013 skuld erken het oor sy eie betrokkenheid daarby.

Dít volgens sy pleitooreenkoms met Amerikaanse aanklaers wat gister openbaar gemaak is.

Volgens ’n transkripsie van sy pleitooreenkoms het Blazer erken dat hy en ander beamptes omkoopgeld aanvaar het in verband met die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk in 1998 en dié in Suid-Afrika in 2010.