Subscribe by Email

Twee derdes van wêreldleiers Twitter

‘n Opname toon dat twee derdes van die wêreld se regeringshoofde van Twitter gebruik maak – om te “praat” – maar die “luister” bly erg agterweë. Net die helfte volg wat een of meer kollegas van ander lande te sê het, en Twieplomasie is dus grootliks ‘n eensydige affêre.

Die agentskap, Burson-Marsteller, het privaat en amptelike rekenings van 264 rgegeringsleiers en staatshoofde in 125 lande nagegaan, en gevind dat hulle in ‘n totaal van 43 verskillende tale twiet.

‘n Kwart van die twietende wêreldleiers, 76 volg wat pres. Barack Obama te sê het, Downing Street word deur 41 gevolg, en die Kanadese premier deur 20. Die Brasiliaanse president, Dilma Rousseff, het 17 volgelinge.

Obama self volg net twee regeringsleiers – die Noorse eerste minister en die Russiese president.

Die opname toon dat politici Twitter gewoonlik in die aanloop tot verkiesings ontdek, maar daarna veel minder spraaksaam is. Rousseff en die onlangsverkose pres. François Hollande het sedert hul verkiesing nog nie weer ‘n piep getwiet nie.

http://www.standaard.be/artikel/detail.aspx?artikelid=DMF20120727_002