Subscribe by Email

Tuintake vir Maart

TUIS/HOME

Voed
• Voed elke bougainvillea met ’n hand vol epsomsout.
• Gee jou grasperk ’n goeie dosis KAN – jy hoef heel moontlik eers weer ná die winter te begin voed.
• Voed sitrusbome met ’n mengsel van roosvoedsel en epsomsout.

Water
• Gee asaleas, kamelias en rose minstens twee keer per week goed water.
• Maak pronkertjies en enige ander saailinge daagliks nat, verkieslik soggens, sodat jou plante nie swamsiektes ontwikkel nie.

Plant
• Plant saailinge soos gesiggies, sleutelblomme (Primula), viooltjies, bokbaaivygies en krisante vir kleur in die herfs – vroeg soggens gee die beste resultate.
• Saai beet, boerboontjies, kool, blomkool, wortels, seldery, prei, uie, ertjies en radyse.

Spuit
• Spuit konifere met ’n plaagdoder soos Metasystox om van plantluise ontslae te raak. Wag drie dae en strooi dan twee eetlepelsinsekgifkorrels rondom die boom se basis, en maak goed nat. Die wortels sal die gif opneem en deur die konifeer versprei sodat dit klaarspeel met enige luise wat gedurende die volgende paar weke na jou boom loer.
• Spuit jou rose al om die veertien dae met Dithane WG of Coppercount-N om swartvlek en meeldou te keer.