Subscribe by Email

Tuintake vir Februarie

gardeningSaam met die lekker warm somerson kom die kopseer van insekte op ons huisplante. Veral wolluis is vandeesmaand baie lastig op palms en varings. Gebruik Garden Gun sodra jy dié kalante sien.

Grasperk – Bemes met 7:1:3 om ‘n gesonde groen grasperk te verseker en lei minstens een maal per week deeglik nat. Wees op die uitkyk vir swamsiektes en behandel op windstil dae met Rot ‘n Spot van Kirchhoffs. Herhaal indien dit reën binne ses uur ná toedien ing.

Kombuistuin – Pluk en droog kruie soos basiliekruid en orego vir gebruik in die wintermaande.  Plant al jou kruisementsoorte in die skadu of halfskadu en maak baie gereeld nat.  Moenie groente- en vrugteskille weggooi nie — dit verrig wondere in ‘n komposhoop.  Kool, preie, wortels, radyse, uie en blaarslaai kan nou gesaai word. Plant die saailinge uit as hulle 5 cm hoog is.

Indien jy nie slakgif in jou groentetuin wil gebruik nie, kan jy gerus dié raad probeer wat ek by ‘n wyse tuinier gekry het: Plaas een of twee margarienbakkies met bier in gate tussen jou groenteplantjies. Slakke is dol oor bier en versuip gewoonlik in die bakkies.

Blomtuin – Wanneer jy vandeesmaand jou tuin ‘n ligte snoei gee om dit netjies te hou, moet jy onthou om nie struike te snoei wat in die winter blom nie — baie van hulle begin nou reeds blomkoppe vorm. . Trek onkruid uit sodra jy dit opmerk. Onkruid wat gelos word, kan baie vinnig saad skiet en in die winter eindelose probleme veroorsaak. Verder ontneem onkruid jou plante van waardevolle kos en water.  Maak seker jou rose kry vandeesmaand genoeg water. Spuit die rose al om die ander week met ‘n sistemiese swamdoder soos Funginex en wees op die uitkyk vir rooispinmyt. Onthou om nou te bemes vir ‘n pragvertoning in die herfs. Gebruik 8:1:5 en gee goed water agterna. . Bemes saailinge al om die ander week met ‘n vloeibare kunsmis om hulle op hul beste te laat vertoon. Verleng die lewe van jaarlinge deur gereeld die dooie blomme te verwyder.  Leeubekkies, gousblomme, koringblomme, weeskinder tjies, Afrikaners, tabakblomme en angeliere kan laat in Februarie in saadkassies gesaai word. . Gee die hele tuin ‘n hupstoot met 3:1:5, of gebruik Bounce Back as jy organiese bemesting verkies.

Gee palms minstens een keer per week water en verwyder alle droë blare om plek te maak vir nuwes.  Maak die saad van agapante bymekaar en saai in kissies.  Gaan alle gestutte plante na om seker te maak daar is nog genoeg groeispasie.  Strooi ‘n deklaag om jou plante se wortels koel te hou. Hou ‘n ogie oor hangmandjies wat in volson hang — hulle het dié tyd van die jaar elke dag water nodig en sommige dae selfs twee keer per dag.

Die plante en produkte is beskikbaar by Floraland-kwekery in Walkerrylaan, Sherwood. Briewe en vrae kan gestuur word na Walkerrylaan 16, Sherwood, Port Elizabeth 6025, stuur epos na: laramaritz @floraland.co.za of bel 0 041 398 4400.
TUINLEWE