Subscribe by Email

Tropiese storm Colin slaan Florida

colinDie tropiese storm Colin het oor die noorde van die Amerikaanse staat Florida getrek, paaie oorstroom en wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak. Goewerneur Rick Scott het ‘n noodtoestand afgekondig in 34 van die 67 distrikte en die Nasionale Wag ontplooi. Amerika se Orkaansentrum sê dit is die vroegste wat die derde storm van die seisoen ooit in die Atlantiese kom gevorm het. Dit het na die see uitgewyk, wat die moontlikheid van oorstromings beteken aan die Atlantiese kus.