Subscribe by Email

Tronkstraf vir piksoen in Doebai

Twee burgers van Brittanje moet ‘n maand lank tronkstraf uitdien omdat hulle mekaar ‘n piksoen gegee het in ‘n restaurant in Doebai.

Ayman Najafi (24) en Charlotte Louise Adams (25) sou in die hof verskyn om hul maandlange tronkstraf teen te staan, maar hul appèl word eers op 4 April aangehoor.

Om mekaar op die mond te soen in Doebai, is glo onwettig.

Koerant wonder of daar spesiale polisie eenhede is wat hierdie tipe van “misdaad” polisieer, en of dit die gaste of restaurant bestuur was wat die paartjie verklik het.