Subscribe by Email

Treinvervoer probleem

3513118684Cosatu in die Wes-Kaap sê die Kaapse Kamer van Handel en Nywerheid het ingestem om sy lede aan te raai om nie teen hulle werknemers op te tree omdat hulle laat is vir werk weens die probleem met treinvervoer in die Skiereiland nie. Die twee liggame het vergader om die ontwrigting te bespreek. Tony Ehrenreich van Cosatu sê hulle sal saamwerk om die nasionale regering en die Passasier-spooragentskap te oorreed om meer bronne aan die provinsie toe te ken. Cosatu gaan nogtans op 19 Mei staak om die owerhede te dwing om aandag te gaan pendelaars se griewe.