Subscribe by Email

Treinspore lê landswyd verlate

Byna twee miljoen pendelaars landwyd is Maandagoggend deur geslote stasies gegroet en is gedwing om vervoer elders te gaan soek. Dit volg nadat onderhandelings tussen die vakbonde SA Transport and Allied Workers’ Union (Satawu) en die United Transport and Allied Trade Union (Utatu) en die Suid-Afrikaanse Passasierspooragentskap (Prasa) misluk het nadat die werkgewer nie tot ’n loonverhoging van 15% wou instem nie. Die huidige aanbod is ’n verhoging van 5%.

Metrorail-werkers sluit hulle vandeesweek by Transnet-werkers aan, wat reeds twee weke gelede begin staak het. Die staking deur Transnet-werkers, wat onder meer langafstand-treinvervoer en hawebedrywighede tot stilstand geruk het, duur nou reeds vyf dae. – Bron Media24