Subscribe by Email

Transnet-pensioene

“Die Vryheidsfront Plus het vasgestel dat die pensioenarisse van die TTVVF in hierdie maand verseker ‘n verdere bonus gelykstaande aan twee maande se pensioen saam met hulle gewone pensioen gaan ontvang. Dit bring ten minste tydelike hulp aan die pensioenarisse wat geweldig gebuk gaan onder ‘n al hoe swaarder finansiële las, veral teen die agtergrond van stygende kosinflasie en mediese tariewe,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê.

“Die betrokke trustee, mnr. John Benwell, het die VF Plus ook ingelig dat die twee-maande bonus nie deur die raad van trustees beskou gaan word as deel van die uitvoering van die parlementêre opdrag nie, maar dat die betalings bloot soos gewoonlik geag sal word as deel van die gewone ex gratia-bonus. Die implikasie hiervan is dat die trustees ook nou verwag dat Transnet bykomende fondse in die TTVVF moet inpomp ten einde die parlementêre opdrag behoorlik na te kom en dat hulle nie die gebruik van surplusse as voldoening van die opdrag sien nie. Die posisie wat die trustees ingeneem het is verblydend aangesien hulle Transnet hierdeur dwing om sy verpligtinge na te kom en om nie op die TTVVF se surplusse staat te maak nie,” het Alberts verder verduidelik.

Dit blyk egter dat Transnet en die regering net gehoor gaan gee aan hulle verpligtinge deur ferm optrede. Daarom is die VF Plus tans besig om regsaksie voor te berei teen Transnet en die regering.

7 Responses to Transnet-pensioene

  1. Magie

    Maart 24, 2016 at 1:18 am

    Nog geen extra is in betaal nie net pens aleen kan dit net false beloftes wees

  2. pieter

    Augustus 1, 2014 at 8:46 am

    Dankie

  3. ronell visser

    Junie 21, 2012 at 1:34 pm

    Die uitbetaling van pensionarisse se pensioene wil net seker maak of dit we’ll. Junie gaan geskied

  4. Herman

    Februarie 24, 2012 at 10:12 am

    Adv. Alberts het vanoggend uitgevind – dit sal teen die 29ste in die mense se rekenings inbetaal word. Herman

  5. Sandra

    Februarie 24, 2012 at 9:50 am

    Ek kan dit nie glo dat die arme pensioenarisse so aan hul neuse rondgelei word nie.

  6. Erns

    Februarie 24, 2012 at 8:27 am

    Ek stem saam. Geen bonusse is uitbetaal nie. Is daar dan niemand wat die aangeleentheid behoorlik kan kontroleer nie

  7. Monica

    Februarie 24, 2012 at 4:15 am

    Transnet net beloftes en doen net wat hul wil. Niks bonus inbetaal. Hulle miljoene is belangriker