Subscribe by Email

Transnet pensioene – SAP flink

Die Vryheidsfront Plus is vandag (3/10/2011) deur die SAPD ingelig dat die kriminele klag wat die VF Plus teen Transnet en sy hoof uitvoerende amptenaar, mnr. Brian Molefe, gelê het, na die Ekonomiese Misdaadeenheid vir verdere ondersoek verwys is.

Die VF Plus het verlede week hierdie klag in Pretoria teen Transnet gelê in terme van artikels 7(a) en 27(1) van die Wet op Magte, Privilegie en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers 4 van 2004. Die SAPD het ook reeds ‘n saaknommer (CAS 1687/9/2011) daaraan toegeken.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, is dit verblydend dat die ondersoek van die saak vinnig blyk te beweeg. “Een van die redes moet ongetwyfeld wees omdat dr. Pieter Mulder as VF Plus-leier en adjunkminister, die klag gelê het wat die erns van hierdie saak bevestig. Dit is nie aldag wat ‘n adjunkminister ‘n kriminele klag lê teen ‘n openbare onderneming en sy hoof nie. Ons glo dat dit sal maak dat ‘n oplossing vir die pensioenarisse se dilemma so spoedig moontlik bereik sal word,” het Alberts gesê.

Die VF Plus het onderneem om die pensioenarisse op hoogte van sake te hou.

Die VF Plus en die Transnet-pensioenarisse veg reeds etlike jare vir ‘n billike pensioenbedeling. ’n Pensioenbedeling wat, anders as nou, hulle jaarliks nie meer en meer sal verarm nie. Die Parlement het na openbare verhore opdrag gegee dat die twee fondse, naamlik die Transnet Tweede Vastevoordeel Fonds, (TTVVF) en die Transnet Pensioenfonds (TPF), met die bedrag van R1,9 miljard aangevul moet word ten einde te verseker dat verhogings en bonusse aan die verarmde Transnet-pensioenarisse betaal sal kan word. Tot op datum is hierdie besluit nog nie uitgevoer nie. Die VF Plus se klagte is hierop gegrond

One Response to Transnet pensioene – SAP flink

  1. Wil

    Oktober 3, 2011 at 5:39 pm

    Verwyder moeder korrupsie, en hierdie land hoef geen verarmde burger te he nie:

    Stop illegal tax for lawless corrupters! The state may tax for legal use, but never for its reported massive corruption. Instead, the state must prevent corruption, recover any and also tax corrupters. If not, it is illegal and discriminating. Tax laws used for corruption are likewise illegal.

    Numerous published reports for decades prove illegal abuse of tax for massive state corruption. The state never has any legal power to tax for illegal use or to corrupt. And nothing can justify any corruption.

    The state holds absolute powers over all its corruption activities, information and records. Thus no reason exists why the state cannot prevent corruption, recover any and also tax corrupters. Not to do so, is illegal, and discriminates against the poor masses and taxpayers.

    Most important, no civilized law is legal for criminal or illegal purposes like corruption. Hence, tax laws for its use are likewise illegal, which can never be legally approved. Stop this illegal, criminal, discriminatory and protected state corruption with its illegal tax burden. Honesty by all shall slash tax for all.

    State corruption forces distresssed masses to protests against absurd services. Which is then crushed with inhuman bloody oppression. How can a brutal, corrupt state be that of free and honest elections by the people?