Subscribe by Email

Tragedie en dwelms by Rock the Daisies musiekfees in Darling

1rockVolgens kapt. van Wyk, ’n polisiewoordvoerder van die polisie op Darling, is daar altesaam 8 mense in hegtenis geneem by die Rocking the Daisies-musiekfees wat op Darling plaasgevind het die afgelope naweek. Daar word beweer dat vyf van hulle met dwelms betrap was, terwyl die ander drie gesteelde goedere in hul besit gehad het. Hulle sal Maandag in die landdroshof in Darling verskyn op hierdie aanklagte.

Volgens berigte het ’n werknemer van een van die diensverskaffers by die musiekfees boonop vermis geraak. Sy liggaam was opgespoor deur polisieduikers nadat lewensredders by die fees en lede van nooddienste die man begin soek het toe hy vermis geraak het. Daar word vermoed dat hy verdrink het. Die polisieondersoek duur voort.