Subscribe by Email

Traangas gebruik teen opposisieleiers in Zimbabwe

tearDie polisie in Zimbabwe het gister traangas gebruik teen opposisieleiers en honderde betogers teen president Robert Mugabe. Dit was een van die ergste voorvalle van geweld in twee dekades. Die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, en voormalige visepresident, Joice Mujuru, het in hul motors van die saamtrek af weggevlug terwyl betogers skuiling gesoek het toe traangas en waterkanonne die kern van die betoging uitmekaar laat spat het. Mujuru sê sowat 50 mense is beseer en in die hospitaal opgeneem.