Subscribe by Email

Tornado’s rig Doer Onder groot skade aan

Suidelike dele van die Australiese deelstaat Victoria is Vrydag deur verskeie tornado’s getref, en minstens twee mense is erg beseer. Minstens twee se toestand is kritiek.

Veral kleiner plekkies het enorme skade gely, en mense is beseer deur dwarrelende stukke puin, dakke wat ingestort het en bome wat omgewaai is.

In Yarrawonga moes pasiënte noodgedwonge in ‘n hotel gehuisves word om genoeg beddens beskikbaar te hê.

Die wind het by tye teen sowat 250 kilometer per uur gewaai.

By hierdie skakel van die Australiese TV, ABC, is ‘n video en foto’s

http://www.abc.net.au/news/2013-03-21/tornadoes-tear-through-victorian-towns/4587648