Subscribe by Email

Toeriste beroof by wynlandgoed

Elf buitelandse toeriste se besittings is gesteel vanuit hul toerbus by ’n wynlandgoed in Stellenbosch.

Kolonel Billy Jones van die polisie sê die bus was geparkeer in ’n parkeerarea by die wynlandgoed toe die diewe daarby ingebreek het.

Die toeriste was van Denemarke, Kanada, Finland, Swede en Tanzanië. Hulle het hul besittings in die bus gelos terwyl hulle die wynlandgoed besoek het. Die busbestuurder sê hy het die bus gesluit en was saam met die toeriste. By hul terugkeer na die bus, het hulle gevind die deur is oop.

Nege paspoorte, twee selfone, twee digitale kameras, vyf kredietkaarte, ’n horlosie, skootrekenaar, mp3 speler en kontant het uit die besoekers se handbagasie verdwyn.