Subscribe by Email

Toegang tot gehalte landbou-opleiding moontlik gemaak word

elsenDie Wes-Kaapse LUR vir landbou, Alan Winde, sê die vooruitgang van die landboubedryf berus op die ontwikkeling van nuwe vaardighede, en daarom moet toegang tot gehalte landbou-opleiding moontlik gemaak word vir enige student wat in dié rigting wil studeer.

Dit volg nadat ‘n groep studente Woensdag klasse by die Elsenburg-instituut vir landbou-opleiding buite Stellenbosch ontwrig en daarop aangedring het om in Engels of Xhosa onderrig te ontvang.

Winde sê as ‘n tussentydse maatreël het die kollege opdrag gegee dat onderrig voortaan in Engels sal plaasvind en studiemateriaal in Engels en Afrikaans verskaf sal word totdat ‘n reaksieplan in die volgende maand ontwikkel is.