Subscribe by Email

Tientalle sterf in ‘n selfmoordbomaanval in Pakistan

Rescue workers move a body from the site of a blast outside a public park in Lahore, Pakistan, March 27, 2016.  REUTERS/Mohsin Raza

Rescue workers move a body from the site of a blast outside a public park in Lahore, Pakistan, March 27, 2016. REUTERS/Mohsin Raza

Minstens 65 mense, meestal vroue en kinders, is gister dood tydens ‘n selfmoordbomaanval in ‘n park in Lahore, Pakistan. Volgens berigte het Christen-gesinne Paasfees in die park gevier. Gesondheidsbeamptes sê sowat 280 ander is beseer. Pakistan se eerste minister, Muhammad Nawaz Sharif, het die ontploffing ten sterkste veroordeel en sy medelye met die slagoffers uitgespreek. Hy het die weermag ontplooi om te soek na diegene wat saam met die aanvaller gewerk het. ‘n Splintergroep van die Taliban het verantwoordelikheid vir die ontploffing aanvaar.