Subscribe by Email

Tiener in kop geskiet omdat hy piesang eet

’n Tiener van Verulam in KZN is in ’n kritieke toestand in die hospitaal, nadat hy na bewering deur ’n sekuriteitswag in die kop geskiet is omdat hy langs die pad geloop en piesangs eet het.

Bafana Ndlovu, 14, het in Hazelmere Straat met sy vriende afgestap,  toe ’n man in ’n rooi Nissan dubbelkajuit bakkie, langs hulle gery het en op hulle begin skiet het. Ndlovu is in die kop getref, waarna die bakkie weggejaag het. Die ander kinders het van die inwoners gekry om te help en die polisie is ontbied.

’n Polisie woordvoerder, Kaptein Thulani Zwane sê hulle soek nog na die verdagte en dat ’n saak van poging tot moord ondersoek word.

Daar word vermoed dat die sekuriteitswag, wat iemand se piesangs moes oppas, gedink het die kinders het van die piesangs gesteel, hoewel Ndlovu se ouers sê dat hy geen rede gehad het om iemand se piesangs te steel nie, aangesien hulle baie piesangs op hul eie gronde het.