Subscribe by Email

Tienduisende spring weg by die Twee Oseane-marathon

two oceans race_960_472_80auto_s_c1_center_bottomOrganiseerders van vandag se Twee Oseane-marathon in die Kaapse Skiereiland verwag om twee-miljoen-Rand vir liefdadigheid in te samel. Sowat 27-duisend atlete neem deel aan wat beskryf word as die wêreld se skilderagtigste wedloop wat vandag in ‘n reënerige Kaapstad plaasvind. Die algemene bestuurder, Carol Vosloo, sê deelnemers kan steeds ‘n bydrae vir liefdadigheid maak as hulle wil. Elite-hardlopers in vanjaar se wedloop het weereens ‘n groot motivering om vinnig klaar te maak. Daar wag ‘n bonusprys van eenmiljoen-Rand vir die eerste manlike en eerste vroulike atleet wat die roete se rekords verbeter.