Subscribe by Email

Tibet nou tronk – Tibettaanse leier

Die speaker van die Tibettaanse parlement in ballingskap het China daarvan beskuldig dat Tibet nou ‘n reuse gevangeniskamp is. Krygswet geld steeds.

Penpa Tsering het ‘n groot vierdaagse saamtrek van Tibettane in ballingskap wat van oor die hele wêreld saamgetrek het, in die Indiese dorp Dharamshala toegespreek.

Dit was die eerste saamtrek van dié aard sedert die Dalai Lama van sy amp as politieke leier van die Tibettane afstand gedoen het. Hy woon nie self die verrigtinge by nie, maar sal as geestelike leier die geleentheid met gebede afsluit.

Die verwagte regeringsverandering binnekort in China is ‘n belangrike besprekingspunt. Die Tibettane is hoopvol dat Xi Jinping as toekomstige Chinese leier meer genaakbaar sal wees.

Die geleentheid word egter ook gedemp deur die onlangse dood van meer as 50 Tibettane wat hulle uit protes teen Chinese oorheersing self geoffer het. Die afgevaardigdes is veral die naarheid in omdat dié optrede strydig is met Boeddhistiese opvattings.

Volledige artikel

Herman Toerien