Subscribe by Email

Theuns Jordaan vat Afrikaans is Groot hoftoe

theunjordaanDie stryd tussen die sanger Theuns Jordaan en die organiseerders van die musiekkonsert Afrikaans is Groot gaan nou in die hof draai.

Jordaan reken hy het outomaties die reg om by alle konserte van Afrikaans is Groot (AIG) op te tree, want hy is ’n stigterslid en deel van die Afrikaans Is Groot konsep. Hy wil ’n bevel hê wat hom toelaat om aan AIG se reeks konserte in November deel te neem. Brendon Hargroves, uitvoerende komiteelid van AIG, het Jordaan op 3 Oktober laat weet hy is nie meer deel van AIG 2016 nie. Jordaan sê op sy Facebook-blad dit was nie sy besluit om nie meer deel van die konsert te wees nie, terwyl Afrikaans is Groot op sy beurt sê Jordaan het self verkies om die kwessies waaroor hy van hulle verskil na die hooggeregshof te vat eerder as om dit met hulle te bespreek.

Dit wil voorkom dat AIG aan Jordaan ‘n kontrak gebied het rakende sy optrede by AIG maar dat Jordaan nooit die kontrak onderteken het nie. Dit was nie vir hom nodig om kontrakte te teken vir die vorige vier jaar se konserte nie, voer Jordaan aan.
Jordaan sê hy het met die komende konserte toenemende druk van AIG gekry om in te stem tot ’n ooreenkoms met terme en voorwaardes wat nie in alle opsigte vir hom aanvaarbaar is nie.

3 Responses to Theuns Jordaan vat Afrikaans is Groot hoftoe

  1. martin cilliers

    Oktober 22, 2016 at 11:04 am

    as hulle hom toelaat sal hy in die verleentheid op die verhoog optree en dit is weird!

  2. Pierre du Plessis

    Oktober 21, 2016 at 10:35 am

    Ek het agter hom aangery om na hom te luister… Die hof moet na sy stem luister, ek hoef nie meer nie…gaan nie meer nie.

  3. Chris

    Oktober 21, 2016 at 6:09 am

    Ek dink nie hy gaan gemis word nie. Staan vas AIG