Subscribe by Email

Theresa May word waarskynlik Brittanje se nuwe premier

May-589489Die Britse minister van Binnelandse Sake, Theresa May, gaan waarskynlik die land se volgende premier word nadat haar kollega vir Energie, Andrea Leadsom, gister onttrek het aan die wedloop om David Cameron op te volg as leier van die Konserwatiewe Party. Hy gaan na verwagting môre sy bedanking indien nadat hy dit verlede maand aangekondig het na aanleiding van Britte se besluit om aan die Europese Unie te onttrek. May sal net Brittanje se tweede vroulike premier wees na Margaret Thatcher vanaf 1979 tot ’90.