Subscribe by Email

Thabo Mbeki beklemtoon dat hy steeds ‘n lid van die ANC is

Thabo+MbekiOudpresident Thabo Mbeki het bevestig dat hy steeds ‘n lid van die ANC is. Dit volg op berigte dat hy nie gretig is om die regerende party te help in sy veldtog voor die plaaslike regeringsverkiesing nie. Veterane soos Winnie Madikizela-Mandela, Kgalema Motlanthe, Ahmed Kathrada en Essop Pahad het verlede week hulle volle ondersteuning vir die ANC uitgespreek.