Subscribe by Email

Tesourie sê Eskom wil nie saamerk nie

ARNOT021Die Nasionale Tesourie sê Eskom het nie sy onderneming gestand gedoen om voorleggings in te handig oor die departement se hersiening van die kragvoorsiener se steenkoolkontrake met die Gupta-beheerde maatskappy Tegeta nie. Volgens die ministerie het Eskom boonop verkies om korrespondensie te ignoreer en plaas allerhande hindernisse in die weg van die proses. Die Tesourie het reageer op Eskom se verklaring dat hy saamwerk met die proses om kontrakte te hersien, en sê alle pogings word weerstaan.