Subscribe by Email

Terreuraanval op ‘n hotel in Mogadisjoe

11901724w_r900x493Minstens veertien mense is dood en tien gewond in ‘n aanval op ‘n hotel in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, waarvoor die terreurgroep Al-Sjabaab aanspreeklikheid aanvaar het. Die aanvallers het eers ‘n selfmoord-ploftoestel voor die gebou ontsteek, waarna hulle ingebars en op mense losgebars het. Sekerheidsmagte het hulle teruggedryf en van die aanvallers is doodgeskiet. Sekerheidswagte en burgerlikes is ook onder die slagoffers.