Subscribe by Email

Terre’Blanche moordverhoor Polisie slaggereed vir enige gebeure

’n Groot media en polisie teenwoordigheid word vandag in Ventersdorp verwag, waar die twee beskuldigdes in die Terre’Blanche moord in die hof moet verskyn. Daar word verwag dat hulle gaan aansoek doen om borg vandag. Intussen is verskeie mediagroepe besig om aansoek te doen om die moordsaak te mag bywoon.

Sommige AWB lede word ook vandag verwag by die hof. Volgens die AWB woordvoerder, Pieter Steyn, is daar egter niks beplan, soos optogte of betogings deur AWB lede by die hof nie. Daarom verwag hulle nie dat veel AWB lede by die hof sal opdaag nie.

Die Valke se woordvoerder, Musa Zondi sê dat die polisie goed voorberei is op enige gebeurlikhede wat mag voorkom vandag, in Ventersdorp. Hulle sal seker maak dat die hofproses gladweg kan verloop. Versterkings vanaf Rustenburg en Potchefstroom is ook opgeroep om vandag in Ventersdorp diens te doen.