Subscribe by Email

21-jarige Dylann Roof sal tereg staan op nege aanklagte van moord

dylBorgtog is geweier aan die 21-jarige Dylann Roof wat nege swart aanbidders in ‘n kerk in Charleston in Suid-Carolina doodgeskiet het.

Hy sal tereg staan op nege aanklagte van moord en sal weer op 23 Oktober in die hof verskyn.

Hy het vroeër erken dat hy die mense doodgeskiet het.

Volgens die Amerikaanse media het Roof glo gehoop dat sy optrede ‘n rasse-oorlog in Amerika aan die gang sou sit.

Amerikaanse amptenare ondersoek Roof se aanval as haatmisdaad.