Subscribe by Email

Teokrasie

“Ons word nie gehoor nie.”

Die sinnetjie het nou in die bestek van ‘n paar jaar in die geledere van beswaardes in al drie susterkerke staanplek gekry.

Maar het so ‘n stelling in die konteks van teokrasie waardeur kerke regeer word enige staanplek?

Beteken teokrasie nie juis dat die stem van die Here gehoor moet word nie?

Voor elke kerkvergadering word immers gebid dat die Here Sy wil sal openbaar – in die harte van die teenwoordiges sal lê.

Lees gerus Psalm 50

50:16 God says this to the evildoer:

“How can you declare my commands,

and talk about my covenant?

50:17 For you hate instruction

and reject my words.

50:18 When you see a thief, you join him;

you associate with men who are unfaithful to their wives.

50:19 You do damage with words,

and use your tongue to deceive.

Dit is so dat iemand sterk kan voel hy het die Here se stem duidelik gehoor, maar die ander wil hom dan nie “hoor” nie. Ongelukkig is daar regtig gevalle waar iemand nie “gehoor” is nie en dan sy standpunte motiveer aan aspekte soos dat dit ekumeniese bande in gevaar stel, dat sy kerkraad by die huis dit nie gaan aanvaar nie, en ook allerlei strooipoppe voor hou, en dit dan as die Here se Wil wil afforseer.

Die doel is nie hier om die vinger te wys nie. Dis ‘n generiese vraag: Is ons nie maar almal skuldig daaraan om God se stem te hoor, maar dan te maak soos ONS wil, ons glo is reg nie?

In al die kerkvervande was daar die afgelope jare sinodes wat as sinodes van versoening, van eenheid, van luistergesindheid en so meer beskryf is, maar kort na die sinodes vlieg die tamaties. Trouens, danksy moderne tegnologie en die vermoë om deurlopend na buite te kommunikeer begin die tamaties buite al vlieg nog lank voor die Sinode Amen kon sê.

Terwyl daar ‘n groot apatie onder baie lidmate is, is daar ook lidmate wat fyn luister, wat sake met groot aandag volg. Dit blyk onder meer uit die NG Kerk se Diversiteitsforum. Word dit gelees, word min gesien of beleef van die positiewe gees wat volgens berigte en verklarings in die pasafgelope sinode geheers het.

En daar is kommer.

Sanrie le Roux
2011-10-15
Beste Gerhard, (ds. Gerhard Bothma, webmeester van die Diversiteitsforum).
Ons was ‘n paar dames dink ek wat vrae vir jou gevra het. Dis nie ‘n geheim nie, ek is van die Vrystaat en wil graag hoor wat gebeur het by die sinode oor hierdie deel: B.4 LEERDWALING
(VRYSTAAT)
In die lig van langdurige en herhaalde uitsprake van leraars en leiers wat afwyk van die gereformeerde verstaan van die Skrif, soos dit in die Belydenisskrifte saamgevat en verduidelik is, en die onnoembare skade wat dit aan die geloofservaring van lidmate en die beeld van die NG Kerk veroorsaak, versoek die Moderamen van die NG Kerk in die Vrystaat die Algemene Sinode om dringend aan hierdie saak aandag te gee en na weë te soek om die leerstellige vrysinnigheid te bekamp.
Kan jy vir ons meer vertel? Dit val tog duidelik in die kategorieë wat ons hier oor praat?

Antwoorde oor wat van die voorstelle geword het gegewe die pakket kommer wat uit die Vrystaat gekom het, en besluite oor die bestaan van die duiwel, die Belhar ens, sal mettertyd kom.

Intussen: Sou dit steeds teokraties juis wees as die Vrystaatse afgevaardigdes met hul tassie besware by die nasionale sinode opdaag, dan die Here se stem hoor wat anders is as dit waarmee hulle opgedaag het duidelik hoor, en steeds hou by hul oorspronklike besware? Tog seker nie.

Let wel, ek beweer nie dis wat gebeur het nie. Sinodes is tegniese vergaderings en dit is nie altyd so maklik om spesifieke implikasies in woorde uit te druk nie.

Neem nou maar die afloop van die NH Kerk se buitengewone Algemene Kerkvergadering. Uit die brokkies inligting wat aanvanklik uitgekom het, gewoonlik buite konteks, was ek ook bietjie ongelukkig oor die bewoording omdat afgelei kon word daar is na die besware geluister “maar nie gehoor nie” soos beweer is. Eers ‘n week daarna, na ‘n verduideliking van dr. Daan van Wyk (jnr) in die e-Hervormer en ‘n voorligting deur ons leraar, blyk dit dat die probleem eintlik baie netjies ondervang is – die onregte wat met die implementering van apartheid gepaard gegaan het wat verwerp is, eerder as die beleid wat baie lidmate in goeie trou en sonder enige bedoeling om onreg te pleeg gesteun het.

Daar is nog mense wat beswaar maak, en selfs met hofsake dreig, maar hulle sal nou die hof moet oortuig dat hulle ongelukkig is met ‘n besluit wat meen onreg is verkeerd. Geen hof sal dit duld nie – die beswaardes sal op regstegniese punte moet fokus – en daarvoor is waarskynlik steeds heelwat ruimte – maar steeds die bedoeling dat onreg verwerp word, implisiet moet aanval.

En dan kan ‘n mens vra: Waar pas teokrasie in die prentjie in?

Wat wel gebeur het is dat daar ‘n versoberende onderskeid begin intree het. Aan die begin van die proses was dit ‘n geval van “fundamentalisme” (waarby die aanhangengers van “creation science” nie net probeer aanhaak het nie, maar die terme probeer dikteer het – uiteindelik deur ‘n plakkaatveldtog) aan die een kant en die “res” aan die ander kant. Dit het in al drie kerkverbande die gereformeerdes wat aan die mees aanvaarbare definisie daaraan voldoen (Ecclesia reformans semper reformanda – dit beteken dat die kerk van die Hervorming altyd wil reformeer) by die “res” ingedeel. Na afloop van die AKV en NG-sinode is die konfliklyne getrek tussen gereformeerdheid en verligte sienings wat in die dampkring van die nuwe hervormingsnetwerk bestaan.

Spesifieke name word genoem – meestal professore aan teologiese fakulteite – wat sienings koester, of sou koester wat met die nuwe hervorming verband hou. Van hierdie professore het sulke sentimente ontken, maar word dan van leuens beskuldig.

Soos met alle sinodes gaan dit ‘n belangrike en omvattende taak wees om die boodskap vanuit die sinodes – wat veronderstel is om die beste menslike vertolking van die stem van die Here te wees, aan lidmate te kommunikeer en te verduidelik.

Ons is egter almal mense. Daarom sal daar ongelukkigheid wees.

Nou moet ons duidelik die Here se stem vra en hoor, en luister.

Moet ons elkeen ons eie kerke bly verdeel en met twiste belaai oor sake waar ons van besluite wat in die beste teokratiese tradisie en bedoeling geneem is verskil? Is die kerk se taak nie om Koninkrykwerk te verrig en as profetiese stem in die gemeenskap te dien nie?

Of moet ons waarneem dat die Here beskik het: Selfs binne die gerefor-meerde konteks verskillende kerkverbande voorsien wat nou duidelik uiteenlopende opsies bied vir ‘n herskikking. Is dit werklik die Here se wil dat iemand in die NG Kerk bitter ongelukkig met verwikkelinge moet wees terwyl hy in die APK gelukkig sal wees? Of as hy in enige van die kerkverbande ongelukkig is, terwyl ‘n ander kerkverband die opsie bied waarmee die persoon saamstem?

Dat oortuigings dwarsliggend in die kerkverbande teenwoordig is, spreek duidelik uit die feit dat die debatte in een kerkverband ook die speelplek geword het van lidmate in ander kerkverbande wat met iemand saamstem, of verskil. Binne die bestel kan ongeveer ‘n week is ‘n Hervormde teoloog bv in die Gereformeerde Kerk se Kerkblad getakel (en in wese van leuens beskuldig omdat hy ‘n dokument geteken het waarin hy bevestig dat hy nie dwaal nie), en is ook op die NG Kerk se Diversiteitsforum op basies identies dieselfde wyse getakel.

Die vreemdheid is dat terwyl die susterkerke hierdie spektrum bied, die neiging eerder bestaan om vas te klou, en as die handdoek ingegooi word, heeltemal na ‘n kerkverband buite die gereformeerde spektrum te beweeg. Of heeltemal nêrens heen nie.

Die ongelukkige lidmaat is nie net self ongelukkig nie, hy maak diegene wat met die kerk saamstem weens sy gedrag ook ongelukkig.

Terwyl daar ‘n ander opsie is.

Herman Toerien