Subscribe by Email

Tennis uitslae

Die Malmesbury tennisklub het Saterdag nie ‘n tree teruggestaan teen Kuilsrivier, die kampioene van die Suid-Boland Uitdaagliga nie.

Die Malmesbury mans A-span teen Kuilsrivier A speel hul wedstryde gelykop drie elk, maar Kuilsrivier wen met sewe stelle teenoor ses.

Die Malmesbury mans A-span bestaan uit Braam Isaacs, Dmitri Marais, David Isaacs en Divan Robertson.

Malmesbury mans B-span wen vir Hermanus se A-span met vyf wedstryde teenoor 0 en 10 stelle teenoor een. Hierdie span bestaan uit Kristoff Isaacs, Martin Nel, James Howard en Jarryd Howard.

Die A- en B-spanne het op die Malmesbury se tennisbane gespeel.

Die Malmesbury mans C-span reken in die Paarl af met Drakenstein se A-span met vier wedstryde teenoor een en agt stelle teenoor twee. Lede van Malmesbury tennisklub se C-span is John Turner, Irvan Turner, Alec Viljoen en Johan Burger.