Subscribe by Email

Tenkskip is op die kus van Singapoer geskaak.

somali_pirates_in_shipAgt seerowers wat ‘n olietenkskip, die Orkim Harmony, verlede week in die Suid-Sjinese See geskaak het, het gevlug nadat die vaartuig deur Maleisiese oorlogskepe opgespoor en die skakers gevra is om hulleself oor te gee.

Die Maleisiese vloot sê die skakers het gisteraand met ‘n reddingsboot van die vaartuig af gevlug.

Al 22 bemanningslede is veilig en die skip word tans na ‘n Maleisiese hawe begelei.

Die tenkskip is op 11 Junie aan die kus van Singapoer geskaak.

Dit is die tweede skip wat die afgelope paar weke in die gebied geskaak is en vlootskepe en vliegtuie is op soek na die voortvlugtende seerowers.