Subscribe by Email

Telkom verloor binne ‘n jaar R100 miljoen weens kabeldiefstal

copper-cable-theft-300x200Telkom verskerp pogings om kliënte na koordlose en vesel-tegnologie oor te plaas om kabeldiefstal die hoof te bied. Dit volg op ses duisend gevalle van diefstal van sy kopernetwerk die afgelope jaar. Die onderneming sê hy het in die vorige boekjaar 200-miljoen Rand se verliese gely – die helfte weens koste om gesteelde kabel te vervang en herstel, en 107-miljoen wat aan sekerheidswagte betaal moes word.