Subscribe by Email

Tehuis vir bejaardes nalatigheid

oldage home

Volgens ‘n berig in die Sunday Times is vyftien bejaardes van‘n tehuis vir bejaardes in Panorama in Kaapstad die afgelope vyf maande glo weens nalatigheid oorlede.  Volgens dié koerant is dit bykans helfte van die inwoners by Serendipity-tehuis vir bejaardes.

Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling het gesê die saak word deur die departement van gesondheid en die Kaapse stadsraad ondersoek.  Hulle sal besluit watter stappe teen die eienaar, Sharon Roberts, gedoen moet word.

Die tehuis wat al sedert 2008 bedryf word is nie by die departement geregistreer nie en word dus onwettig bedryf.  Die personeel is nie mediese opgeleide mense wat behoorlik na bejaardes kan om sien nie.