Subscribe by Email

Talle straatname in Pretoria mag verander word

pretoria_city_hallAfriForum het misluk met sy poging om 25 Pretoriase straatname uit die apartheids-era te behou. Die regstryd het vier jaar voortgesloer voor die Grondwethof vanoggend beslis het ten gunste van die Tshwane-metro wat die name wil verander na dié van helde van die bevrydingstryd. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in ‘n meerderheidsbeslissing die burgerregte-organisasie se aansoek beskryf as selfsugtig en verdelend.