Subscribe by Email

Talle Amerikaanse munisipaliteite staar dreigende bankrotskap in die gesig

Toe die Kaliforniese stad, Stockton onlangs formeel bankrot verklaar is, was dit die grootste stad in die VSA wat nog onderdeur gespring het.

Die slegte nuus is dat talle munisipaliteite kan volg.

Die Christian Science Monitor beskryf die toestande wat tot dié dreigende bankrotskappe lei as die perfekte storm van te min mense wat munisipale belasting betaal, die hoë koers van mense wat vir aftredingskortings kwalifiseer, deelstate wat self noustrop trek en nie kan uithelp nie, en swak fiskale besluite.

Die probleem tref munisipaliteite dwars oor die VSA, groot en klein.

Verskeie groot Amerikaanse munisipaliteite het in die verlede byna onderdeur gespring. Onder die bekendstes is Cleveland wat in die moeilikheid beland het en jare lank gespook om skuld van $30 miljoen af te werk en uiteindelik in 1978 daarin geslaag het.

New York het in 1975 in die moeilikheid beland en sake het eers begin stabiliseer toe die deelstaat sy finansies oorgeneem het en $2,3 miljard deur die Kongres geleen is. Teen 1981 kon die stad weer normaal lenings aangaan.

Bron: CSM

Herman Toerien