Subscribe by Email

Sy sterf ‘n wrede Jozi dood

Die Johannesburgse swart hen wat haar lewe gewy het deur te skrop en te krap vir kos op een van die besigste straathoeke in Johannesburg, het motoriste verstom vir maande lank. Hulle het haar gesien, elke dag, waar sy vir verbygaande motors moes koes in Beyers Naude en Judith straat.

Hulle het haar gesien met tipiese hoender ontwykende maneuvers soos sy verbygaande voetgangers ontduik terwyl hulle glimlaggend kon opmerkings maak onder mekaar oor haar “street wise” geaardheid. Daar was selfs al stories dat sy ’n sangoma se offerande ontsnap het bo-op Melville Koppies. Sy was bekend as “The streetwise chicken

Maar dit was net ’n kwessie van tyd voordat hierdie hen haar skepper sou verenig. Sy kon platgetrap word deur ’n verbygaande motor, of sy kon doodgaan van ouderdom. Maar nee, ons “streetwise” hen se grootste fout was om ’n vriend te maak.

’n Koerantverkoper het die hoender geselskap gehou, elke liewe dag. Terwyl hy die dag se nuushooftrekke op en af paradeer het tussen die verbygaande motors, het ons hoender op die sypaadjie gesit en broodkrummels oppik wat hy elke dag aan haar gegee het. Hy was die enigste mens wat die hoender naby haar toegelaat het. ’n Ware vriend.

Terwyl die hen en haar nuusverkoper vriend elke dag hulle roetine uitgevoer het, was hulle egter dopgehou deur ’n paar Jozi “tsotsies”. Hulle het die slim hen al voorheen probeer vang, maar sy was glad te flink vir hulle en dus moes hulle ’n ander plan beraam.

Hulle het die koerantverkoper aangeval, met ’n mes onder sy keel. Hulle het hom gedwing om sy geveerde vriend nader te roep. Die koerantverkoper het geen ander keuse gehad as om die swart hen nader te lok met meer broodkrummels, terwyl die mes onder sy keel hom na asem laat snak.

Hierdie keer was die “streetwise” hoender nie vinnig genoeg nie. Sy het haar gelyke ontmoed en ’n wrede Jozi dood gesterf.

Die koerantverkoper het nooit weer teruggekeer na sy straathoek nie.

Artikel oorspronklik in engels geskryf deur:

Angelique Serrao