Subscribe by Email

Swak lughawe sekuriteit ontbloot, is Acsa werklik gereed vir WB?

OR Thambo lughawe, Johannesburg, binnekant

Die Suid-Afrikaanse lughawe maatskappy (Acsa) het voornemende passasiers verseker dat hul sekuriteit by lughawens top-standaard is, na berigte dat ’n klomp verbode dinge regoor die land op vliegtuie geneem kon word.

Eyewitness News het berig dat hulle dit kon regkry om skerp messe, inspuitings en naalde, skroewedraaiers, skêre en bottels met onskadelike inhoud wat gemerk is “plofbaar” kon insmokkel aanboord verskillende binnelandse vlugte landswyd.

Acsa hou vol, nadat dit bekend geword het waarmee Eyewitness News kon wegkom, dat hulle sekuriteit wêreldklas is, en dat hulle van die nuutste tegnologie beskikbaar gebruik maak. Volgens hulle is hierdie sekuriteitsbreuke dus ’n rare verskynsel.

Koerant.com is van mening dat die leser intelligent genoeg is om self te besluit hoe gereed die lughawe sekuriteit is vir die Wêreldbeker na aanleiding van hierdie berig.

One Response to Swak lughawe sekuriteit ontbloot, is Acsa werklik gereed vir WB?

  1. Ropie

    Mei 17, 2010 at 5:03 pm

    Die nuwe SA en sekuriteit… gaan dit saam?