Subscribe by Email

Swaer reën landwyd verwag

weather warning

Swaar reën word vanaf môre oor groot gedeeltes van die land verwag.

‘’n Breë band wolke en reën het gister oor die noordweste van Suid-Afrika begin inbeweeg.  Digte mis het veroorsaak dat vlugte tussen Johannesburg en George asook Kaapstad en George afgestel is.

Die wydverspreide reën sal welkome verligting bring vir boere en damvlakke, maar die weerdiens het waarskuwings vir sterk verwoestende winde en groot haelstorms.  In die westelike dele van Noordwes, die Vrystaat, die oostelike dele van die Noord-Kaap en die Weskaap is waarskuwings vir kitsvloede en oorstromings uitgeryk.

Teen Dinsdag skuif die band na die oostelike dele van die land en sal dit in Noordwes en Noord-Kaap opklaar.  Die temperature sal landwyd styg.

Teen Woensdag skuif die band na verwagting na die Oos- en Wes-Kaapse kuslyn.