Subscribe by Email

Superrugby

110051034Nog ‘n vol dag op die Super-almanak lê voor en die Reds en die Sunwolves het vandag se rugbyprogram in Brisbane, Australië, afgeskop. Volgende op die program is die Chiefs en die Rebels wat mekaar in Hamilton, Nieu-Seeland, takel. Daarna beweeg die aksie terug na Australië waar die Force en die Blues in Perth sal kragte meet. Die Lions is die eerste Suid-Afrikaanse span wat vandag speel wanneer hulle vanmiddag in Johannesburg teen die Jaguares te staan kom. Nog later sal die Sharks in Durban gasheer speel vir die Kings. Die laaste wedstryd van die dag is die stryd tussen die Bulls en die Stormers wat beloof om die hoogtepunt van die dag te wees.