Subscribe by Email

Superrugby

Super+Rugby+Rd+18+Stormers+v+Rebels+SrtVuaPJZRFxAltesaam sewe wedstryde word die naweek beslis – drie vandag en vier môre. Die Chiefs en die Blues het die aksie vanoggend in Waikato, Nieu-Seeland afgeskop en vanmiddag een uur begin die kragmeting tussen die Force en die Crusaders in Perth, Australië. Vanaand sewe uur pak die Stormers die Sunwolves op Nuweland in Kaapstad. Môre speel die Hurricanes en die Jaquares teen mekaar, gevolg deur die wedstryd tussen die Reds en die Highlanders, die Sharks teen die Lions en die Kings teen die Bulls.