Subscribe by Email

Superrugby

kingsDie Kings het hulle eerste oorwinning van die seisoen behaal toe hulle Japan se Sunwolves 33-28 verslaan het op die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth. Albei spanne het vier drieë gedruk. Die Kings speel volgende naweek tuis teen die Bulls en die Sunwolves kom Vrydagaand in Kaapstad teen die Stormers te staan.

In gisteraand se ander wedstryd het die Bulls die Cheetahs met 23-18 verslaan op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bulls was indrukwekkend in die eerste helfte, maar kon na rustyd net drie punte aanteken toe die Cheetahs verwoed teruggeveg het. Die Bulls is nou tweede in die Afrika Een-groep, vier punte agter die Stormers.