Subscribe by Email

Super-halfeindstryd word op Ellispark beslis

Ellis_Park_stadium_620_395_s_c1_top_topDie Lions speel komende naweek tuis in Johannesburg teen die Highlanders in die halfeindronde nadat hulle ‘n oortuigende oorwinning van 42-25 oor die veelmalige kampioen, die Crusaders, behaal het. Die tuisspan het rustyd op Ellispark 22-10 voorgeloop en hoewel die Nieu-Seelanders telkens die gaping verklein het, het die Lions nooit die voorsprong afgestaan nie.

Die Stormers het ‘n loesing van 60-21 van die Chiefs gekry in hulle kwarteindstryd op Nuweland in Kaapstad. Die besoekers het deurentyd die spel oorheers en uiteindelik ag drieë gedruk teenoor die tuisspan se twee. Die Stormers het sedert die begin van die kompetisie al in ag uitspeelstryde gespeel en sewe daarvan verloor. Die Chiefs kom in die voorlaaste ronde te staan teen die Hurricanes. Dié wedstryd word in Wellington, Nieu-Seeland, beslis.

2 Responses to Super-halfeindstryd word op Ellispark beslis

  1. fanie

    Julie 25, 2016 at 11:31 am

    JOHAN,
    Ek wil net vir daardie visvoete waarvan ek baie pelle het se: Moet nie moet verloor nie stuur die jongmanne na die ou Transvaal en ons leer hulle rugby speel, Moet nou net nie oor die Bloubulle praat nie , ons le snags stilletjies en huil in onse slaapkamers.

  2. Johan

    Julie 25, 2016 at 5:18 am

    Wonder nou wat die visvoet vriende nou se..