Subscribe by Email

Sunette Viljoen is deur na die eindronde van die spiesgooi in Rio

LONDON, ENGLAND - AUGUST 09:  Sunette Viljoen of South Africa competes during the Women's Javelin Throw Final on Day 13 of the London 2012 Olympic Games at Olympic Stadium on August 9, 2012 in London, England.  (Photo by Stu Forster/Getty Images)

Die Suid-Afrikaanse spiesgooier Sunette Viljoen het net een gooi nodig gehad om te kwalifiseer vir die eindronde van die nommer op die Olimpiese Spele in Rio. Haar poging van 63,54 meter was die sesde beste nadat Maria Andrejczyk die beste gooi vanjaar van 67,11 gelewer het.

Die ander Suid-Afrikaanse atlete wat gister deelgeneem het, kon nie hond haar-af maak nie. Anaso Jobodwana het uitgeval in die uitdunne van die 200 meter, Lynique Prinsloo kon nie die eindronde van die verspring haal nie, en Wenda Nel en LJ van Zyl kon nie deurdring na die eindrondes van die 400 meter hekkies vir vroue en mans nie. Antonio Alkana is ook uitgeskakel in die halfeindronde van die 110 meter hekkies waarin Omar McLeod van Jamaika later die goue medalje verower het.