Subscribe by Email

Suid-Kaap het beste sakekamer

George

George in die Suid-Kaap is as die stad met die beste sakekamer in 2014 gekroon.

George het 130 ander sakekamers landwyd uitgestof.

Die toekenning is deur die Afrikaanse Handelsinstituut gedoen, wat werkgewers in die meeste sektore van die ekonomie verteenwoordig.

Die president van die George Sakekamer, Willie Cilliers sê hulle werk hard op grondvlak aan entrepreneur-opleiding en om mense met kennis te bemagtig.

Cilliers sê dit is die eerste keer wat die toekenning aan ‘n Suid-Kaapse sakekamer behoort, en dit is vir die héle Suid-Kaap ‘n eer, nie net vir George nie. RSG-Nuus